Iets Besonders

Monday 2 July 2012

Kit Kat Koek

Hoe vrolik is die koek net nie!  Ek is mal daaroor om my vriendinne en mense te bederf op hul verjaarsdae deur hul te verras met 'n koek of cupcakes of enige iets wat hul meer spesiaal sal laat voel.  As jy vinnig iets makliks aanmekaar wil slaan is die koek vir jou.  En dit is soooooo maklik!



Al wat jy doen is die volgende:

Vat jou gunsteling koek resep en bak die koek en laat hom afkoel. 
Berei 'n lekker "icing" voor.
Voordat jy die koek met die icing bedek maak seker jou koek is 'n bietjie laer as die lengte van 'n Kit Kat.
Neem nou 'n klompie Kit Kats en breek dit op sodat twee twee stukkies aanmekaar vas is.
Neem nou die repies en druk dit vas teen die icing sodat dit regop staan.
Neem nou 'n mooi stuk lint en bind dit met 'n strikkie om die koek vas.
Gooi nou gekleurde m&m swieties (of gebruik jou verbeelding vir ander lekkergoed) bo oor die bokant en bedek totaal.

Finish en klaar!

Kliek hier vir die oorspronklike bron
Read More

Dallas 2012

Ek is seker die naam "Dallas" lui 'n klokkie by die meeste van jul.  My eerste assosiasie is my ma was gaande oor die sepie destyds toe ek nog bitter jonk was.  Om eerlik te wees kan ek nie juis veel onthou nie.  Maar het ek nou vir julle nuus!!!

My broer uit Amerika het my ander dag ingelig dat daar 'n nuwe reeks van die sepie is.  Hy het dit beskryf as DRAMA DRAMA DRAMA, seks, geld en baie mooi mense.  Ek het toe nou maar besluit om bietjie ondersoek te gaan doen sienende dat sy smaak wat tv reekse aanbetref gewoonlik akkuraat is.

Ek het toe op hierdie voorprent van die reeks afgekom en ek moet se ek was beindruk en baie opgewonde.


Daar is n paar van die ou akteurs wat weer hul verskyning maak en dit lyk vir my baie belowend.  Die enigste vraag is: Wanneer begin dit in Suid-Afrika????  Ek weet nog nie maar ek sal my bes probeer om jul op hoogte te hou!

Hoop julle is so opgewonde soos ek!
Read More

Sjokolade Ballon Bakkies

Kyk net hoe oulik is die sjokolade bakkies vir nagereg en dit is so maklik om te maak!



Metode:
  1. Smelt sjokolade in 'n pot op die stoof.
  2. Blaas klein water balonne op en knoop dit.
  3. Dip die balonne se onderkant in die gesmeltde sjokolade.
  4. Laat dit afkoel op was papier.
  5. Bars die ballon en TADA!
Nou kan jy jou sjokolade bakkies vul met roomys of net wat jy wil!

Ek stel voor jy was die ballon voordat jy dit oplaas in ;n ligte seep mengsel en laat dit dan droogword na jy dit goed afgespoel het.
Kliek hier vir die oorspronklike bron





Read More

Gordon Ramsay se Sticky Lemon Chicken

Ek is gek oor Gordon Ramsay en het onlangs hierdie baie maklike resep van hom probeer.  Ons was mal hieroor.  Die resep se jy moet 'n hele hoender gebruik, maar sienende dat ons net twee mense was het ek slegs hoender boudjies gebruik.  Ek hoop julle hou hiervan!



 

 

Benodighede:

  • 1 Groot hoender, gesny in 8 - 10 stukke
  • See sout en swart peper
  • 3–4 eetlepels olyf olie
  • 1 Huisie knoffel, horisontaal in die helfte gesny
  • 'n Paar vars Tiemie sprigs 
  • 'n Lekker groot splash sherry vinegar
  • 2 Eetlepels dark soy sauce
  • 3 Eetlepels heuning 
  • 1 Suurlemoen, in ronde dun skywe gesny
  • 'n Hand vol vars parsley rofweg opgesny

Metode:

1. Marineer die hoender met sout en peper.  Verhit die olyf olie in 'n groot pan.  ( Ek verkies altyd om met non-stick panne te werk ). Braai die hoender ( in sarsies as jy moet ) oor 'n hoe hitte saam met die garlic en tiemie vir 2-3 minute op elke kant todat dit 'n mooi goue bruin kleur kry. Gooi al die hoender terug in die pan en gooi nou die sherry vinegar in en laat dit borrel todat die helfte omtrent weg gekook het.  Gooi nou die Soy sous en heuning oor en skud die pan goed sodat die sous goed kan meng.

2. Gooi 'n bietjie warm water in die pan ( net 'n bietjie ) en gooi die suurlemoen skywe bo-oor die hoender.  Laat die sous lekker borrel en stel dan jou plaat bietjie af en laat kook todat die sous lekker stroperig is.  Dit sal ongeveer 10 minute neem. Teen die tyd behoort die hoender deeglik gaar te wees.

3.  Gooi nou die hoender oor in 'n mooi bedieningsbak en sprinkel die parsley oor.

Bedien met mash en 'n lekker griekse slaai of green beans.  As jy die mash maak, sny 'n paar spring onions op en meng dit saam met 'n lekker homp botter in jou mash in.  Die spring onions gee die mash 'n hele ander dimensie.
Read More

Kreatiewe Vrugte Slaai


Ek dink hierdie is so 'n oulike idee om 'n vrugteslaai te bedien.  Jy kan ander vrugte soos bv. spanspek ook gebruik.  Al wat jy basies benodig is 'n koekie drukker in die vorm van jou keuse.  Ek weet ons ouers het altyd gese moenie met jou kos speel nie, maar dis so lekker!  Op die foto gebruik hul waartlemoen, starfruit en hul het dill oor gesprinkel.  Ek is wel nie seker of daar starfruit in Suid-Afrika beskikbaar is nie.  Gebruik maar jou verbeelding met verskillende vrugte.
Read More

Reinbeer Bier Botteltjies


Ek dink hierdie is so 'n oulike versiering vir die manlike geselskap by 'n kersfees ete.  Ek dink net deur om daarna te kyk behoort redelik vir jou te beskryf hoe om dit te maak.  Jy behoort al die fieterjasies te kan koop by 'n "arts & craft" winkel.
Read More

Jamie Oliver - Spaghetti Met Prawns & Rocket

Ek het 'n rukkie gelede by Jamie Oliver se "Jamies Italian" restaurant in London die dis vir aandete geeet.  Toe kry ek die resep eendag online en ons is mal hieroor.  Probeer dit gerus as jul lief is vir Prawns, Spaghetti en Chillies....

Spaghetti with prawns and rocket (spaghetti con gamberetti e rucola):





ingredients


• 455g gedroogde spaghetti
• see sout en vars gemaalde growwe peper

• extra virgin olive oil
• 2 huisies knoffel geskil en fyn gekap
• 1–2 gedroogde chillies, gekrummeld

• 400g afgeskilde en skoongemaakte prawns
• 1 klein glas witwyn

• 2 opgehoopte eetlepels sun-dried tamato 
• zest en sap van 1 suurlemoen
• 2 hande vol rocket, matig gekap    




metode


Dit sal fantasties wees as jy moontlik vars prawns kan kry vir die gereg. Dit is 'n real crowd-pleaser. Indien jy gevriesde prawns gekoop het, maak net seker al die gaggas is uitgehaal. Kook die spaghetti in n groot pot gesoute water volgens die pakkie se instruksies.  In die tussentyd, gooi 3 lekker spatsels olyf olie in 'n lekker groot frying pan en begin die knoffel en chillies braai. Voeg die prawns by sodra die garlic begin verkleur en laat dit vir 'n minuut lekker braai.   Gooi nou die witwyn en tamatie puree by en laat dit vir 'n paar minute simmer.  Drain die pasta sodra dit gereed is in 'n colander, maar hou 'n klein bietjie van die water oor.  Meng nou die spaghetti en sous in n glasbak, druk die suurlemoen sap daaroor uit,  gooi die helfte van die rocket oor en meng goed.  Jy kan nou 'n bietjie van die kookwater van die pasta wat jy oorgehou het by gooi om die sous 'n bietjie dunner te maak as jy wil.  Jy kan nou ook bietjie sout en peper oorgooi na smaak. Daar behoort genoeg te wees vir 3 - 4 mense.  Gooi laastens die lemon zest (  Lemon Zest - gerasperde suurlemoen skil ) oor asook die res van die rocket blare.
Read More

About Me

Experience

Meet The Author

Hi, my naam is Elzaan Ehlers

© 2011 Iets Besonders, AllRightsReserved.

Designed by ScreenWritersArena