Monday 2 July 2012

Gordon Ramsay se Sticky Lemon Chicken

Ek is gek oor Gordon Ramsay en het onlangs hierdie baie maklike resep van hom probeer.  Ons was mal hieroor.  Die resep se jy moet 'n hele hoender gebruik, maar sienende dat ons net twee mense was het ek slegs hoender boudjies gebruik.  Ek hoop julle hou hiervan!



 

 

Benodighede:

  • 1 Groot hoender, gesny in 8 - 10 stukke
  • See sout en swart peper
  • 3–4 eetlepels olyf olie
  • 1 Huisie knoffel, horisontaal in die helfte gesny
  • 'n Paar vars Tiemie sprigs 
  • 'n Lekker groot splash sherry vinegar
  • 2 Eetlepels dark soy sauce
  • 3 Eetlepels heuning 
  • 1 Suurlemoen, in ronde dun skywe gesny
  • 'n Hand vol vars parsley rofweg opgesny

Metode:

1. Marineer die hoender met sout en peper.  Verhit die olyf olie in 'n groot pan.  ( Ek verkies altyd om met non-stick panne te werk ). Braai die hoender ( in sarsies as jy moet ) oor 'n hoe hitte saam met die garlic en tiemie vir 2-3 minute op elke kant todat dit 'n mooi goue bruin kleur kry. Gooi al die hoender terug in die pan en gooi nou die sherry vinegar in en laat dit borrel todat die helfte omtrent weg gekook het.  Gooi nou die Soy sous en heuning oor en skud die pan goed sodat die sous goed kan meng.

2. Gooi 'n bietjie warm water in die pan ( net 'n bietjie ) en gooi die suurlemoen skywe bo-oor die hoender.  Laat die sous lekker borrel en stel dan jou plaat bietjie af en laat kook todat die sous lekker stroperig is.  Dit sal ongeveer 10 minute neem. Teen die tyd behoort die hoender deeglik gaar te wees.

3.  Gooi nou die hoender oor in 'n mooi bedieningsbak en sprinkel die parsley oor.

Bedien met mash en 'n lekker griekse slaai of green beans.  As jy die mash maak, sny 'n paar spring onions op en meng dit saam met 'n lekker homp botter in jou mash in.  Die spring onions gee die mash 'n hele ander dimensie.

0 comments:

Post a Comment

About Me

Experience

Meet The Author

Hi, my naam is Elzaan Ehlers

© 2011 Iets Besonders, AllRightsReserved.

Designed by ScreenWritersArena