Monday 2 July 2012

Pragtige Ysblokkies



Die tipe ysblokkies sal enige drankie opkikker!  Ek dink dit sal meer uitstaan in ligter drankies of deurskynende koeldrank soos sprite of lemonade.  Jy kan dit selfs net as versiering in 'n bak gebruik om 'n bottel wyn of sjampanje te laat le en koud word.


Maak asseblief seker die blomme wat jy gebruik is eetbaar, nie giftig nie en dat dit nie met enige gifstowwe gespuit is nie.  Spoel die blomme ook baie mooi af voor jy dit gebruik.  Ek ken nie al die tipes eetbare blomme wat 'n mens in Suid-Afrika kry nie, maar sover ek weet kan jy die volgende gebruik:

Mint blare
Pansies
Orgidee Blare
Lavender
Roosblare ens.

Metode:

Vul 'n ysbakkie kwart met water.  Sit die blommetjies onderste bo in die water en sit dit in die yskas om behoorlik te vries.  Sodra die blokkies gevries is, maak die houertjies nou halfpad vol water en vries weer.  Sodra dit gevries is maak nou die ysbakkie bo tot vol en vries ten volle.

As jy ys wil maak wat heeltemal deurskynend en mooi helder is, stel ek voor jy gebruik gefiltreerde water wat jy gekook en laat afkoel het.



Jy kan allerande ander goedjies ook in jou ys sit soos bv. aarbeie, berries en suurlemoen.


0 comments:

Post a Comment

About Me

Experience

Meet The Author

Hi, my naam is Elzaan Ehlers

© 2011 Iets Besonders, AllRightsReserved.

Designed by ScreenWritersArena