Monday 2 July 2012

Dallas 2012

Ek is seker die naam "Dallas" lui 'n klokkie by die meeste van jul.  My eerste assosiasie is my ma was gaande oor die sepie destyds toe ek nog bitter jonk was.  Om eerlik te wees kan ek nie juis veel onthou nie.  Maar het ek nou vir julle nuus!!!

My broer uit Amerika het my ander dag ingelig dat daar 'n nuwe reeks van die sepie is.  Hy het dit beskryf as DRAMA DRAMA DRAMA, seks, geld en baie mooi mense.  Ek het toe nou maar besluit om bietjie ondersoek te gaan doen sienende dat sy smaak wat tv reekse aanbetref gewoonlik akkuraat is.

Ek het toe op hierdie voorprent van die reeks afgekom en ek moet se ek was beindruk en baie opgewonde.


Daar is n paar van die ou akteurs wat weer hul verskyning maak en dit lyk vir my baie belowend.  Die enigste vraag is: Wanneer begin dit in Suid-Afrika????  Ek weet nog nie maar ek sal my bes probeer om jul op hoogte te hou!

Hoop julle is so opgewonde soos ek!

0 comments:

Post a Comment

About Me

Experience

Meet The Author

Hi, my naam is Elzaan Ehlers

© 2011 Iets Besonders, AllRightsReserved.

Designed by ScreenWritersArena