Monday 2 July 2012

Jamie Oliver - Spaghetti Met Prawns & Rocket

Ek het 'n rukkie gelede by Jamie Oliver se "Jamies Italian" restaurant in London die dis vir aandete geeet.  Toe kry ek die resep eendag online en ons is mal hieroor.  Probeer dit gerus as jul lief is vir Prawns, Spaghetti en Chillies....

Spaghetti with prawns and rocket (spaghetti con gamberetti e rucola):





ingredients


• 455g gedroogde spaghetti
• see sout en vars gemaalde growwe peper

• extra virgin olive oil
• 2 huisies knoffel geskil en fyn gekap
• 1–2 gedroogde chillies, gekrummeld

• 400g afgeskilde en skoongemaakte prawns
• 1 klein glas witwyn

• 2 opgehoopte eetlepels sun-dried tamato 
• zest en sap van 1 suurlemoen
• 2 hande vol rocket, matig gekap    




metode


Dit sal fantasties wees as jy moontlik vars prawns kan kry vir die gereg. Dit is 'n real crowd-pleaser. Indien jy gevriesde prawns gekoop het, maak net seker al die gaggas is uitgehaal. Kook die spaghetti in n groot pot gesoute water volgens die pakkie se instruksies.  In die tussentyd, gooi 3 lekker spatsels olyf olie in 'n lekker groot frying pan en begin die knoffel en chillies braai. Voeg die prawns by sodra die garlic begin verkleur en laat dit vir 'n minuut lekker braai.   Gooi nou die witwyn en tamatie puree by en laat dit vir 'n paar minute simmer.  Drain die pasta sodra dit gereed is in 'n colander, maar hou 'n klein bietjie van die water oor.  Meng nou die spaghetti en sous in n glasbak, druk die suurlemoen sap daaroor uit,  gooi die helfte van die rocket oor en meng goed.  Jy kan nou 'n bietjie van die kookwater van die pasta wat jy oorgehou het by gooi om die sous 'n bietjie dunner te maak as jy wil.  Jy kan nou ook bietjie sout en peper oorgooi na smaak. Daar behoort genoeg te wees vir 3 - 4 mense.  Gooi laastens die lemon zest (  Lemon Zest - gerasperde suurlemoen skil ) oor asook die res van die rocket blare.

0 comments:

Post a Comment

About Me

Experience

Meet The Author

Hi, my naam is Elzaan Ehlers

© 2011 Iets Besonders, AllRightsReserved.

Designed by ScreenWritersArena