Monday 2 July 2012

Kit Kat Koek

Hoe vrolik is die koek net nie!  Ek is mal daaroor om my vriendinne en mense te bederf op hul verjaarsdae deur hul te verras met 'n koek of cupcakes of enige iets wat hul meer spesiaal sal laat voel.  As jy vinnig iets makliks aanmekaar wil slaan is die koek vir jou.  En dit is soooooo maklik!



Al wat jy doen is die volgende:

Vat jou gunsteling koek resep en bak die koek en laat hom afkoel. 
Berei 'n lekker "icing" voor.
Voordat jy die koek met die icing bedek maak seker jou koek is 'n bietjie laer as die lengte van 'n Kit Kat.
Neem nou 'n klompie Kit Kats en breek dit op sodat twee twee stukkies aanmekaar vas is.
Neem nou die repies en druk dit vas teen die icing sodat dit regop staan.
Neem nou 'n mooi stuk lint en bind dit met 'n strikkie om die koek vas.
Gooi nou gekleurde m&m swieties (of gebruik jou verbeelding vir ander lekkergoed) bo oor die bokant en bedek totaal.

Finish en klaar!

Kliek hier vir die oorspronklike bron

0 comments:

Post a Comment

About Me

Experience

Meet The Author

Hi, my naam is Elzaan Ehlers

© 2011 Iets Besonders, AllRightsReserved.

Designed by ScreenWritersArena